Bespreek: Hoekom het God vir ons die Bybel gegee?

shutterstock_302931590

Lees 2 Timoteus 3:14-17:

“Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

  • Die Bybel OPENBAAR aan ons wie God is. Ons leer ken God se KARAKTER – heiligheid, regverdigheid, Skepper, almagtigheid, ens. Ons ontdek ook God se onvoorwaardelike liefde en genade.

 

“If you study the Bible and it doesn`t lead you to wonder and awe, then you haven`t studied the Bible.” Dwight Pryor

  • Die Bybel wys ons wie JESUS is. Beklemtoon hoe die mens se verhouding met God herstel kan word sy kruisdood en opstanding (bv. Romeine 5:8-9).

 

“We are the people of the Book and the Person, because Jesus and His Word are so interrelated there is no way to separate them. Without the Bible, we have no Jesus, but to follow the arrow of Scripture is to arrive at Jesus.” Chuck Smith jr

  • Die Bybel is God se LIEFDESBRIEF aan die mens en vertel die verhaal hoe Hy saam met gewone mense JOURNEY. Ontdek die realiteit dat God genuine betrokke is in mense se lewens.

 

“Real people, in real places, at real times, writing and telling stories about their experiences and their growing understanding of who God is and who they are.” Rob Bell

  • Die Bybel WAARSKU ons teen sonde en gee RIGLYNE oor hoe ons reg kan leef (Psalm 119:9,11). Dit leer ons hoe ons meer soos Jesus kan word.

 

“This Book will keep you from sin, or sin will keep you from this Book.” DL Moody

  • Die Bybel wys wat die WAARHEID is en gee vir ons LEIDING, selfs vir vandag se issues (Psalm 119:105).

 

Ons verhouding met die Bybel

Lees die gedig en bespreek:

The Bible and the TV Guide

On the table side by side, The Holy Bible and the TV Guide.

One is well worn and cherished with pride, But that one is not the Bible, it’s the TV Guide.

As the pages are turned what shall they see? It doesn’t matter, just turn on the TV.

Then is the confusion started, for they can’t all agree,

What they shall watch on that old TV.

So they refer to the Book,in which they all confide,

But it’s not the Bible, it’s the TV Guide.

The Word of God is seldom read,Maybe a verse or two just before bed.

Exhausted and sleepy, tired as can be, Not from reading the Bible,

but from watching TV.

Then back to the table, side by side, The Holy Bible and the TV Guide.

No time for prayer, no time for the Word.

The plan of salvation is seldom heard.

Forgiveness of sin so full and free,

We find in the Bible and not on TV

shutterstock_220485664.jpg

Alhoewel die Bybel so `n ontsettende groot rol in kinders van die Here se lewe kan speel, spandeer ons nie naastenby genoeg tyd daarmee nie. Volgens George Barna se navorsing het hy bevind dat slegs 47% van alle Christene iewers in die week Bybel lees, waarvan vrouens meer gereeld Bybel lees as mans.

Verder het navorsing bepaal, hoe jonger die ouderdomsgroep is, hoe minder lees hulle Bybel:

  • Mense wat tussen 1927-1945 gebore is = 58% lees Bybel.
  • Mense wat tussen 1946-1964 gebore is = 47% lees Bybel.
  • Mense wat tussen 1965-1983 gebore is = 42% lees Bybel.
  • Mense wat tussen 1984-2002 gebore is = 32% lees Bybel.

 

Bespreek: wat is julle persoonlike ervaring van die statistiek?

               

“It is impossible to have a true relationship with God without having a relationship with God`s Word. We can`t know God without the Scriptures. Ignorance of the Scripture is an ignorance of Christ. But we can`t truly know the Scriptures unless we know God.” Leonard Sweet

 

Met ander woorde, as kinders van die Here moet ons `n verhouding met die Bybel hê. Maar die vraag is, hoe kweek `n mens `n verhouding met die Bybel?

  • MEMORISEER God se verhale – Moenie jouself burden om `n teksvers `n dag te leer nie. Leer ken die verhale wat God met die mens stap en onthou dit.
  • ONTDEK nuwe gedeeltes/‘fall in love with a new passage every day’ – Lees gedeeltes in die Bybel wat jy nog nooit gelees het nie. Ontdek die Bybel. Weet dat die Bybel lewendig is. Ou bekende gedeeltes kry nuwe betekenis in nuwe omstandighede.

 

“We need to learn to read the Bible as if our life depended upon understanding it, because it does.” Leonard Sweet

 

  • DEURDINK dit wat jy lees/‘Take it to bed with you’ – Moenie net die Bybel toe maak en aangaan wanneer jy klaar gelees het nie. Lees dit soos jy ‘n liefdesbrief sal lees. Lees dit weer en weer. Nou wat het sy met daardie sin bedoel? Wat bedoel sy met liefde?
  • Skep Bybel lees ROETINES – Soos `n gymprogram… maak deel van jou lewe!
  • Stoei daarmee – KOMMUNIKASIE hou `n verhouding lewendig. Praat met die Here en luister na die Heilige Gees. Kry vriende wat saamlees en gesels saam/filosofeer oor die Bybel.
  • Word `n 5de EVANGELIE – Leef die boodskap van die Bybel. Wees `n hard copy van God se liefdesbrief vir die wêreld.

 

“When you tell the story of Jesus`s forgiving his enemies, you become someone who forgives his or her enemies. When you tell the story of Jesus`s crossing the street to help an outcast, you cross the street to help the nearest outcast.” Leonard Sweet

%d bloggers like this: