Baie mense wil graag ’n verskil maak in iemand anders se lewe, maar weet nie altyd waar nie…

Die CMR Coram Deo kort dringend persone wat bereid is om ‘n huis van veiligheid te wees (gewoonlik so 3 maande) vir kinders wat verwyder moet word van hulle gesinne en wag om geplaas te word of dat ‘n hofsaak afgehandel word.  

Verder soek hulle ook Pleegouers waar kinders vir ’n lang termyn geplaas kan word. 

Indien jy/julle belangstel kan jy vir Linda by die CMR kontak – linda.basich@coramdeo.co.za
%d bloggers like this: