Huisgroepbediening

Skakel in by ‘n huisgroep (wat pas by jou voorkeure in terme van ouderdom en tyd) en word deel van ‘n omgee-vriendekring wat saam groei.

Roedolf Botha 082 826 2641

roedolf@oosterlig.co.za

 

 

 

Senior-Aksie

 

 

As senior burger kry jy hier die geleentheid om:  ‘n tuiste tussen jou eie oudedomsgroep te vind, maandelikse byeenkomste (Bybelstudie, gassprekers, konserte, uitstappies) mee te maak, by uitreikprojekte betrokke te raak en ‘n jaarlikse wegbreek te ervaar.

Wim Heunis 082 788 1323

thewimheunis@gmail.com

 

Gasvryheidsbediening

Om elkeen wat hier by Oosterlig kom, te laat voel dat hy/sy baie spesiaal en hartlik welkom is, deur (op ‘n roosterbasis):

verwelkoming voor/na eredienste en opneem van offergawes; beantwoord  navrae by toonbank; bedien tee/koffie na eredienste;  voorbereiding, bediening en opruim by  begrafnisonthale en spesiale funksies.

JI de Wet 072 672 4487

ji@oosterlig.co.za

 

 

 

Erediens-Aanbiddingspan

Om as sanger, instrumentalis, akteur, teksskrywer, voorleser, rekenaar- en beligtingskundige en binneshuisversierder ‘n bydrae tot unieke eredienservarings te lewer.

NC Müller 082 492 5241

nc@oosterlig.co.za

 

 

 

Blommebediening

 

 

Kom skep (op ‘n roosterbasis) atmosfeer met blomme by eredienste, doop, nagmaal, belydenisaflegging en Paas- en Kerssangdienste.

Elsa Botha 082 566 6110

elsa.botha@oosterlig.co.za

 

Kunstebediening

Hier kry jy as beeldende kunstenaar (alle media) en kunsliefhebber geleentheid om saam uit te stal, jaarlikse kunsuitstallings te help reël, kuns te geniet en verhoudinge te bou.

Jana Louw 083 634 9919

purposeful.dreamer@gmail.com

 

Stapbediening

 

Hier kry jy die geleentheid om uit die stad te kom en in die natuur met mekaar en met die Skepper te kuier.

Jy kan ander help om die opdraandes uit te kom;  jy kan help beplan, kosmaak, noodhulp verleen of met jou kitaar ‘n kampvuurervaring help skep.

JI de Wet 072 672 4487

ji@oosterlig.co.za

 

 

Navrae

4 + 1 =

Caritas, Leastraat 469, Waterkloof Glen, Pretoria
Posbus 32002, Glenstantia, 0010
Pretoria, Suid-Afrika
Tel 012 993 5437
Faks 012 993 5438
Jakob se Put
012 993 2154
e-pos info@oosterlig.co.za
DIENSTYE
Sondae Dienstye
Oggend: 08:30  |  10:15
Stildiens: 09:00
Aand: 17:30
En Route
Woensdae: 19:00