En Route (Bybel-en-dissipelskapgesprek)

 

Op Woensdae-aande van 19:00 tot ± 20:30 kan jy deel word van ‘n vars en unieke ervaring van die Bybel soos deur ‘n kenner oorgedra.

Belinda Roode

belinda@oosterlig.co.za

 

 

Coram Deo Pastorale Sentrum
 

Opgeleide beraders bied ondersteuning aan die gemeenskap deur middel van 11 steungroepe, o.a. AA, Sincha (substansafhanklikheid) en depressie.

Die Sentrum bied ook verskeie kortkursusse deur die loop van die jaar aan, asook  kortkursusse en gevorderede sertifikaatkursusse in Naratiewe Patorale Terapie.

Lizelle Faber 012 998 8323

info@coramdeo.co.za

www.coramdeo.co.za

Gesinsbediening - Kleuters, Tjokkers, Kinders, Tieners
Ons wil graag elke kind – in alle ouderdomsfases – laat deelneem aan ‘n opwindende Bybelreis om te ervaar hoe God se storie ook sy/haar storie ontmoet. Jy kan hiermee help deur as groepleier, mentor en organiseerder (vir kampe en uitreike) op te tree.

Ons wil ook graag met ouers hande vat en hulle toerus vir hulle grootste taak.

Cristelle Hatting 084 511 7158

cristelle.hatting@oosterlig.co.za

 

Spesiale Behoefte Bediening (SBB)

Oosterlig droom dat elke gesin met spesiale kinders tuiskom in die gemeente.  Daarom het ons ‘n Sondagskool (Kompas kids) vir ons spesiale maats tydens  die eerste oggenddiens, sodat pappas en/of mammas weer gemaklik eredienste kan bywoon.  Ons beplan verskillende klassies vir kinders met verskillende behoeftes.  Ons maats gaan elke Sondag saam met die gemeente worship, saam verhale in die Bybel ontdek, asook speels-kreatief besig wees. Tydens die Special needs Kompas kids beplan ons ‘n Recharge-kuier- spasie vir die spesiale kinders se ander boeties en sussies. ‘n Plekkie waar hierdie helde kan ontspan, bederf word, gesels oor die uitdagings van special needs siblings en sommer net rus. Die bediening word bestuur deur ouers van Special needs kids, arbeidsterapeute, asook Oosterlig se Gesinsbedieningspan.

Henry Joubert 083 255 1222

jouberthenry4@gmail.com

Huwelikskursus (toerusting en verryking)
 

Kom leer – in ‘n heerlike ontspanne atmosfeer en saam met ander paartjies – om die liefde van jou lewe beter te verstaan en om die verhouding tussen julle te verdiep en bedag te wees op slaggate in die huwelik.

Dinsdagaande tussen 18:30 en 20:30 in Communitas.

Hanlie Moulder

hanlie@oosterlig.co.za

 

 

Gebedsbediening
 

Die Gebedsbediening glo onwrikbaar in die krag van gebed.  Jy kan jou gebedsversoeke (tuis of in die hospitaal) aan hulle rig en  gebedsgeleenthede bywoon of help beplan of inskakel by ‘n gebedsketting.

Annalie du Plessis 072 440 7618

Annalie.duPlessis@mervitzmalan.co.za

 

Vrouebybelstudie
Op Dinsdagoggende van 09:30 – 10:30 kom vroue bymekaar vir ‘n interaktiewe gesprek oor die Woord van God; om kennis en insig te verbreed en om saam stil te word.

Rinie van Rensburg

082 343 6000

rinievanrensburg@gmail.com

Stilwordgeleenthede

As jy verlang na ‘n dieper dimensie in jou geestelike lewe en ‘n behoefte het aan meer stilte en stilwees by God, is die volgende net vir jou bedoel:

– Stildienste, Sondae om 09:00 in Coram Deo se kapel

– Stilword-dagretraite

– “Asemteue”-naweekretraite.

Nicolin Hoffman 084214 8782

nicreat@telkomsa.net

Karina Oosthuizen 076 920 0336

info@pacemretreat.co.za

Navrae

7 + 5 =

Caritas, Leastraat 469, Waterkloof Glen, Pretoria
Posbus 32002, Glenstantia, 0010
Pretoria, Suid-Afrika
Tel 012 993 5437
Faks 012 993 5438
e-pos info@oosterlig.co.za
DIENSTYE
Sondag Dienstye tydens skoolkwartale
Oggend: 08:15  |  10:00
Stildiens: 09:00
Aand: 17:30
En Route
Woensdae: 19:00